Van die plaas, na die produk, tot in jou palm of palet.

Nisboere bewys weer eens dat klein nie net die nuwe groot is nie – die tendens word, plaaslik sowel internasionaal, al groter! Die nuwe seisoen is dus inderdaad groter en beter, met al die ou gunstelinge en ʼn klompie opwindende nuwe toevoegings.

Eerste op die veranderingsfront is die formaat. Elke episode van Seisoen 5 fokus op slegs een plaas – en hierdie boerdery se produkte se pad van die plaas na die tafel.

Kom dit by Nisboere se glansaanbieders is staatmakers Mali Gwatyu en Anrich Herbst terug op die kassie, saam met nuwe spanlid Kim Cloete.

Les bes staan die paneel – Corné Liebenberg en Phillip Venter van Laeveld Agrochem en Russell du Preez van die RussellStone-groep – opnuut gereed met hul perspektief en kommentaar, met een doel voor oë: om elke plaas nóg verder te laat vooruitboer.

Vir nog Nisboere-inspirasie, gaan kyk weer na Seisoene 1 tot 3 op Showmax. Seisoene 4 en 5 gaan ook binnekort daar te siene wees.

AANBIEDERS EN PANEELLEDE

IN DIE VELD

img23

Malixole Gwatyu

Malixole Gwatyu is ʼn direkteur by die advertensie-agentskap BRAND et al ...

img26

Anrich Herbst

Anrich Herbst is ʼn Suid-Afrikaanse akteur en aanbieder wat reeds as kind roem verwerf ... 

image001

Kim Cloete

Kim Cloete is ’n bekende gesig op die Suid-Afrikaanse kassie waar sy al baie ...

IN DIE ATELJEE EN OP DIE PANEEL

img22

Phillip Venter

Phillip is sedert 2013 die hoof van plantvoeding by Laeveld Agrochem ...  

img4

Corné Liebenberg

Corné Liebenberg is ʼn stigterslid en die bemarkingsdirekteur van Laeveld ...

img21

Russell du Preez

As ʼn uitnemende entrepreneur met ʼn passie vir die bevordering van die rol ...